Mauricius van Bisantium

Mauricius
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Mauricius uitbeeld.
’n Muntstuk wat Mauricius uitbeeld.
Bewind 13 Augustus 58227 November 602
Volle naam Flavius Mauricius Tiberius Augustus
Dinastie Justiniaanse
Gebore 539
Oorlede 27 November 602
Voorganger Tiberius II Konstantyn
Opvolger Phokas
Eggenote Constantina
Kinders 6 seuns, o.a. Theodosius en Tiberius
3 dogters
Vader Paulus

Mauricius (Latyn: Flavius Mauricius Tiberius Augustus, Grieks: Φλάβιος Μαυρίκιος Τιβέριος Αὔγουστος; 539 – 27 November 602) was die Bisantynse keiser van 582 tot met sy dood in 602. Hy is in 539 in Kappadosië gebore as die seun van ene Paulus.

Mauricius het verskeie ampte in Konstantinopel beklee, onder andere sekretaris van die toekomstige keiser Tiberius II Konstantyn terwyl dié bevelvoerder van die paleiswag was. Laat in 577 was hy bevelvoerder van die Bisantynse leër in die ooste. Hy het in 581 ’n beslissende oorwinning behaal teen die Persiese Sassaniede. Die volgende jaar is hy met die keiser se dogter, Constantina, getroud en op 13 Augustus het hy sy skoonpa as keiser opgevolg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search